Die SuikerbosRant - Groter en beter!

 

 Die SuikerbosRant - Groter en beter!

Ons het die afgelope jaar ʼn smakie beleef van Die SuikerbosRant, Heidelberg se alombekende digitale koerant - ‘n goedvoel-publikasie wat Heidelberg se hart op die arm dra.

Die SuikerbosRant was vir ʼn kort rukkie in rus en is nou terug met mening – groter en beter!

Met ʼn nuwe redakteur aan boord, saam met ou staatmakers, beloof Die SuikerbosRant baie ure se lekker lees en ware omgee vir ons gemeenskap aan die Suikerbosrand se hange.

Die persoon wie hierdie wonderlike geselsgenoot uitgedink het, is nog steeds met ons. Van Zyl Schultz het baie draaie gestap tot hier waar hy in Heidelberg kom wortelskiet het.

Ezanne Greyvenstein, die grafiese hoof van Die SuikerbosRant is in Heidelberg gebore en getoë.

Met 15 jaar ondervinding in grafiese ontwerp, sorg sy dat elke uitgawe n meesterstuk is.

Mardi Barnard is ons jongste spanlid. Met haar aansteeklike geesdrif gaan sy na ons lewens-gewende adverteerders omsien.

Met hierdie span aan my sy, kon ek die geleentheid nie laat verbygaan om na 28 jaar in die korporatiewe wêreld, by hul as redakteur aan te sluit nie.

Ek nooi jul uit om elke uitgawe hetsy gedruk, op jou rekenaarskerm of selfoon, saam te lees en met plesier jul terugvoering met my te deel by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ek sien so baie daarna uit om elke Heidelberger te leer ken.

Groete tot volgende keer!

Alida

Die SuikerbosRant – Jou Aanlyn Heidelberg Koerant, vertel jou dorp se verhaal in digitaal.

Kategorie: