Voorwoord

Geskryf deur Redaksie
Kategorie:

Die SuikerbosRant – Kennisgewing dat die eerste volledige uitgawe van Die SuikerbosRant – Jou aanlyn Heidelberg Koerant op 10 Mei 2019 sal verskyn.

Blitznuus en die Facebook-blad gaan egter onverpoosd voort met kits-nuus soos dinge ontvou veral met munisipale dienste en ernstige gebeure in en om die dorp . Die SuikerbosRant hou jou op hoogte.

Hier is ook ’n paar advertensie geleenthede. Kontak Die SuikerbosRant by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Daar gaan ook nog 2 artikels op die webwerf verskyn en dit is “Vra vir Bennie” en die “Erfnis Toer”. Die volgende uitgawe hiervan sal op 18 Januarie 2019 verskyn.

Die SuikerbosRant gaan ook die eerste volkleur gedrukte weergawe van die koerant op 10 Mei 2019 bekend stel. Daar sal aanvanklik ’n 1000 eksemplare beskikbaar wees en dit sal veral beskikbaar gestel word aan die aftree oorde waar ons oues van dae sukkel met die aanlyn weergawe van die koerant.

Baie dankie aan al die adverteerders wat Die SuikerbosRant tot dusvêr ondersteun het, sien uit daarna om u weer aan boord te sien oor 4 maande.

 

Die SuikerbosRant – Jou Aanlyn Heidelberg Koerant, vertel jou dorp se verhaal in digitaal.